Friday 19 October 2012

Die polisievrou swaai ’n stok voor Doreen Meiring


Volksblad SA Nuus Polisie-intimideer-glo-boervrou-by-botsing

Die polisievrou swaai ’n stok voor Doreen Meiring. Videogreep: verskaf



André Damons
’n BOERVROU en oud-polisiebeampte van die Dewetsdorp-distrik is glo verskeie kere deur polisiebeamptes op ’n ongelukstoneel buite Bloemfontein geïntimideer, met pepersproei gespuit en met ’n stok gedreig.

Die moeilikheid het begin toe Doreen Meiring (48) foto’s wou neem en ’n video wou maak nadat ’n bakkie naby die Grootvlei-tronk buite Bloemfontein teen haar bakkie gebots het.

Danie Hoffman van die Hopo-insleepdiens wat Meiring bygestaan het, is ook deur die polisieman met die pepersproei in die oë gespuit.

Hoffman en Meiring het in sy bakkie gesit toe die beampte hulle ná ’n woordewisseling met die pepersproei spuit.

Later het ’n polisievrou ’n stok voor Meiring geswaai toe sy ’n video van die ongelukstoneel maak.

Op die video kan duidelik gesien word hoe twee vroue en ’n man Meiring probeer keer om ’n video te maak voordat die polisievrou met die stok nader kom.

’n Bakkie het omstreeks 15:41 op die Dewetsdorp-pad naby die Grootvlei-gevangenis teen Meiring se bakkie gebots. Volgens haar was die bestuurder van die ander bakkie dronk.

’n Polisieman het vir Meiring en Hoffman verbied om foto’s van die toneel en voertuig te neem en hulle gedwing om foto’s wat sy met haar foon geneem het uit te wis.

“Die man was baie aggressief en verskriklik arrogant, maar het geen diens op die toneel verrig nie. Hy het nie ’n naamplaatjie gedra nie en hy wou ook nie homself identifiseer nie.

“Hy het my rondgestamp en van die toneel afgestoot. Geen polisiebeampte het nog inligting van die ongleluk by my kom afneem nie.”

Sy kon daarin slaag om later weer foto’s en ’n video te neem.

Hoffman sê baie van die polisiebeamptes op die toneel het nie naamplaatjies gedra nie.

“Dit maak my bang dat hulle dit nie dra nie. Die polisieman het gesê sy naam het niks met my uit te waai nie. Hy was baie arrogant.”

Meiring en Hoffman het albei klagte van aanranding by die Parkweg-polisiekantoor ingedien.

Kol. Thandi Mmbambo, polisiewoordvoerder, sê klagte van aanranding word ondersoek.


1 comment:

Anonymous said...

I know exactly what it feels like to be victimize by police.A couple of years back a black drunk policeman what to shoot me with his service pistol.He also use a knobkierie ( piece of wood with knob on the front )to hit my my car.I just wonder is this wood weapons part of their weapons issue sponsor by the ANC ?